Bapedi Skaap Telersgenootskap van Suid Afrika

Bapedi Sheep Breeders Society of South Africa
Home

 

 

President

Frikkie Bezuidenhout

Vice President

Frikkie van Kraayenburg

Secretrary

Ronel Bezuidenhout

Management

Wimpie Pieterse

Andre Wichtmann

Hans Arp

Prof Piet vd Merwe

Keith Ramsey

Grobbie Grobler

Chris van Rensburg

PO Box 61

Kameeldrift

Tshwane 0068

----------------

Tel 072 219-2188

Fax (012) 376-2330

 

 

Last Updated:

 25 February 2010

Ras Standaard van die Bapedi Skaap

Hersien: 6 Januarie 2006

 

Die Bapedi Skaap Ras Standaard word deur die Bapedi Genootskap van Suid Afrika beheer, wat op sy beurt affilieer is aan die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Veeverbeteringsvereniging, soos ingelyf volgens Wet 25 van 1977.

 

Met teenstrydighede van die Afrikaanse weergawe teenoor die Engelse weergawe van die ras standaard, sal die Afrikaanse weergawe as die korrekte meester geag word.

 

Die Bapedi Skaap

 

Bapedi skape word suid van die Soutpansberg aangetref en het die tipiese voorkoms van ons inheemse skape. Die Pedi is n skaap wat maklik is om mee te boer en wat n goeie kwaliteit vleis en vel produseer.

 

1.       Algemeen

 

Die Pedi skaap is primr n veldskaap het n relatiewe fyn raam. Die ooie is relatief klein gebou en vroulik teenoor die ramme weer manlik en op en wakker is. Die skaap is aangepas vir geharde omstandighede en kan verskeie stresvolle omgewings hanteer. Die skaap kan lang afstande loop en vreet gras, bosse en blare. Die Pedi is gehard en het n ho verdraagsaamheid teen algemene siektes en parasiete.  Die vleis is sag en smaaklik. Die meeste van die vet is in die stert gelokaliseer. Funksionele doeltreffendheid is van uiterste belang.

 

2.       Raseienskappe

 

n Natuurlike poenskop haarskaap met n wigvormige vetstert. Die lengte van die stert varieer met maksimum lengte tussen die hakke en die pote. Die ras het n lewendige voorkoms en n gemaklike gang met sterk kudde eienskappe. Die ras is baie vrugbaar, die ooie het sterk moeders-instinkte en is baie beskermend oor hul lammers. Hulle tande is sterk en hard wat langlewendheid teweeg bring.

 

3.       Kop

 

n Lang neus wat krom na onder is meer prominent in ramme. Klein horingkies ("scurs") kan by ramme voorkom. Gemiddelde grootte o, helder en bruin van kleur. Die o word deur goed ontwikkelde oogbanke en beweegbare ooglede beskerm. Die ore is smal en van gemiddelde lengte en word met n hoek van 45o tot die kop na onder gedra. Die ooie het n klein keelvel vanaf die kakebeen na die nek. Hierdie keelvel is langer in ramme.

 

4.       Grootte

 

n Relatief klein-raam skaap met n tipiese simmetriese respiratoriese tipe bouvorm. Volwasse ooie meet vanaf 60cm skouerhoogte. Die lyf is lank, smal, ovaal en horisontaal  effens vlak. Die top-lyn oor die kop is konkaaf en strek afwaarts in die nek, opwaarts oor die skouer, en weer afwaarts na die rug en weer opwaarts na n goed ontwikkelde agterlyf met n tipiese hangkruis. Die bene is relatief lank en dun, maar sterk en goed geplaas. Sterk en goed geboude hoewe met goeie pigment en verkieslik n inter-digitale klier. Goed ontwikkelde dyspiere. Gewrigte is redelik lank, teen n hoek en veerkragtig, en nie kort en regop nie.

 

5.       Kleur en Haar Bedekking

 

Terwyl n groot verskeidenheid kleure voorkom, moet die neus, ooglede en die ore goed gepigmenteerd wees. Die vel is gepigmenteerd en kleur varieer vanaf eenvormig bruin deur wit met n rooi tot bruin  kop tot n verskeidenheid bruin en wit of swart en wit patrone tot eenvormig swart. Enige swart is geneties resessief. Die hare is oor die algemeen kort met n  kasmier tipe onder-haar bedekking, veral in die winter. Jong skape is geneig tot  langer hare met meer wollerigheid. Hulle verloor dit wanneer hulle ouer word. Gekleurde dele van die vel behoort te blink.

 

6.       Stert

 

n Tipiese wigvormige vet stert wat vet is by die basis en wortel-vormig na onder vernou. Sommige diere het n korter bo deel met n opwaartse draai by n dunner terminale punt. Gedraaide (kurktrekker) sterte is nie toelaatbaar nie. Die lengte van die stert is variabel, maar behoort nie verder as halfpad tussen die hakke en die pote te strek nie. 

 

7.       Vrugbaarheid

 

Die ras is bekend vir ho vrugbaarheid en sterk moederinstinkte. Tweelinge kom voor en ooie kan wel al twee groot maak. Pedis word vroeg volwasse en kan op n vroe ouderdom gedek word.

 

8.       Reproduktiewe Organe

 

Die ramme het goed ontwikkelde testikels met n gladde beweeglike skrotum.

 

9.       Foute Waarteen Gediskrimineer Word

 

         n Te groot of te bre stert

         Gedraaide (kurktrekker) sterte

         Reguit top-lyn

         Horisontale plat kruis 

         Gebrek aan pigment in die hoewe

         Te wollerig

         Ore wat plat is teen die wange

         Wit koppe

         Wollerige bene

         Pote wat te veel spleet

         Koei hakke

         Voorbene wat nie reguit is nie

         Lang, vleiserige skedes by ramme

         Uitermatige groot skrotum

 

10. Diskwalifisering Foute

 

          Groot afwykings in die lyf se vorm

          Duidelike horings

          Ronde of silindervormige lywe

          Muis ore

          Swak gewrigte wat agteroor buig

          Abnormale klein testikels

          Net een testikel

          Swak kootgewrigte wat inmekaar sak en die klein kloutjies aan die grond raak

          Uitermatige hol rug 

          Swak kootgewrigte wat inmekaar sak en die klein kloutjies aan die grond raak

          Uitermatige hol rug                                                                      

          Geen pigment (albino)

          Vet kruis (Persie tipe stert) eerder as n vet stert

          Erg gesplete hoewe

          Duiwelsgreep

          Oor- of onder-ontwikkelde bo- of onderkaak

 

11. Definisies

 

Respiratories bouvorm n Wigvormige, vertikaal afgeplatte ribbekas met ribbe wat n effense helling in n posterior rigting vorm wat veroorsaak dat die torso wyer word na agter in teenstelling met n silindervormige torso wat gevorm word deur ribbe wat loodreg met die rugstring staan soos algemeen by Europese skaaprasse. Die voordeel van n respiratories tipe is dat n dier meer ekonomies asemhaal in warm dro omstandighede asook dat n kleiner deel van die torso aan direkte son bestraling blootgestel word.

 

Funksionele Doeltreffendheid Die somtotaal van al die raseienskappe wat die Pedi n doeltreffend vleisskaap maak wat met min koste of bestuur in veld omstandighede kan floreer.

 

Moedereienskappe Die ingebore instink van die ooi om haar lam te beskerm en groot te maak.

 

Aanpasbaarheid Die genetiese vermo van n dier om by n verskeidenheid van omgewings toestande te kan aanpas en oorleef.

 

Veldskaap n Skaapras was goed aangepas is om in n variasie van ekstensiewe veld toestande met min bestuur te kan oorleef in teenstelling met rasse wat slegs binne intensiewe omstandighede en bestuur ekonomies kan produseer.

 

 

______________________________________________

Top of Page
Bapedi Sheep Breeders Society of South Africa